Suid-Afrikaanse boere word daagliks deur plaasaanvalle bedreig.

Hoewel die nuutste syfers, soos elke jaar, skokkend is, weier die regering steeds om plaasaanvalle en -moorde as prioriteitsmisdade te hanteer. AfriForum skep egter hoop deur veiligheidstrukture te skep om die veiligheid van mense op plase te verbeter. Dié burgerregteorganisasie se nuutste statistieke wys ook dat plaasaanvalle toeneem, maar plaasmoorde afneem, wat daarop dui dat plaasgemeenskappe besig is om meer weerbaar te word. AfriForum het verder omvattende bewusmakings-, veiligheids-, voorkomings- en ondersteuningsveldtogte op plaaslike, nasionale en internasionale vlak van stapel gestuur.

statistieke